Erfenis projek foto's

Belangrike Datums

22 Apr - Kerkparade en Inlywing (16:30 Hervormde Kerk Wonderboom)

5 Mei - Genl Hertzog Kentekendag

18-19 Mei - Die Kruin Kentekendag
(inligting & vorms)

1-2 Jun - Sweepslag Staatmakers Seremonie naweek Gr 6 & 7

23 Jun-1 Jul - PD: Swartvlei Gebiedskamp

6-10 Jul - Nasionale HW/PV toetskamp

Kry die volledige kalender hier

Print

Die VoortrekkersWelkom by Die Kruin Voortrekkers se webblad

Die Kruin is ‘n kommando noord van die Magaliesberg,  in die omgewing van die bekende Kolonnade  geleё.

Vir die afgelope 30 jaar al is dit ons missie om vir die jongmense van die omgewing ‘n tuiste te skep waar hulle op ‘n kreatiewe wyse kan leer van  Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap.

Die kommando bestaan op die oomblik uit 120 Penkoppe & Drawwertjies en 60 Verkenners.

Die PD’s kom  Woensdae tussen 16:00 en 17:30 by NG kerk Magalieskruin, waar hulle in span verband vergader, byeen.  Daar is baie PD spanne bv Meerkatte, Eekhorinkies, Poue, Berghane, Steenbokkies, Apies, Klipspringers, Hasies, Luiperde en die Rooikatte!!!!

Die Verkenners kom Dondedae aande in hul spanne by onderskeie huise bymekaar . Die Verkennerlewe wat hulle in 5 jaar deurwerk  is gegrond op vaste beginsels, waardes en norme.

“Voortrekkers is meer as dit,
Meer as kamp en meer as leer
Meer as maats en meer as kleur
Voortrekkers is al dit en nog baie meer,
Voortrekkers is iets wat jou hart begeer”

Ansia Labuschagne


Kom maak ‘n draai by een van ons byeenkomste en besluit vir jou self  wat Voortrekkers werklik is, baie meer as wat woorde ook kan vertel.